Springbok vroue-stut wil weer teen Fidji beïndruk

Rugby: Die Springbok Vroue het hulle Wêreldbeker-veldtog in Nieu-Seeland begin met ‘n nederlaag van 40-5 teen Frankryk. Daar was egter ‘n paar positiewe punte, soos die goeie vertoning van die Suid-Afrikaanse voorspelers. Die loskopstut, Sanelisiwe Charlie, het beïndruk met ‘n stewige vertoning wat verskeie skrum-strafskoppe meegebring het. Die Springbokke kom Sondag in hulle tweede wedstryd die eerste keer teen Fidji te staan. Charlie sê sy is gereed om weer ‘n groot indruk te maak.