VSA verslap reismaatreëls

Die Withuis het aangekondig ‘n nuwe internasionale lugreis-stelsel sal vroeg in November van krag word. Dit beteken alle buitelandse burgers wat na Amerika reis, moet bewys lewer dat hulle ten volle ingeënt is voordat hulle aan boord gaan. Die maatreël sal tot voordeel wees van gesinne wat sedert Maart 2020 geskei is. Die nuwe stelsel, en die inentingsvereiste, sal ook toetsing, kontakopsporing en die dra van maskers insluit. Internasionale reisigers wat ten volle ingeënt is, sal nie vir 14 dae onder kwarantyn hoef te bly nie.