VSA, Taiwan bespreek handel

Die VSA gaan met onderhandelinge oor formele handelsbetrekkinge met Taiwan begin. Dit sluit in gesprekke oor die vereenvoudiging van handel, digitale handel en teenkorrupsie standaarde. Dit volg op die Speaker van die Huis, Nancy Pelosi se besoek aan die land vroeër vandeesmaand. Amerika se adjunk-handelsverteenwoordiger, Sarah Bianchi, sê die onderhandelinge sal handels- en beleggingsverhoudinge versterk, gemeenskaplike handelsbetrekkinge gegrond op eenderse waardes bevorder, en vernuwende denke en omvattende ekonomiese groei vir werkers en sakeondernemings bevorder. Handel tussen die VSA en Taiwan het in 2020 sowat 1,768 miljard Namibiese dollar beloop.