Beslaglegging van plantprodukte met vleisetikette is onwettig

Die Fry Family Food Company het die ANC-regering se besluit om beslag te lê op plantprodukte wat vleisetikette gebruik, as onwettig beskryf. Daar word berig die landboudepartement gaan van volgende Maandag af beslag lê op veganistiese produkte wat etikette soos “nuggets”, “patties” en worsies gebruik. Dit is deel van die departement se pogings om toe te slaan op oortreders van etiketregulasies. Die voedselbedryf sal moontlik miljoene moet bestee om veganistiese produkte se etikette te verander.