VSA sê Hamas keer dat buitelanders Gaza verlaat

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, blameer Hamas vir die onvermoë van buitelandse burgers om Gaza deur die Rafah-grenspos met Egipte te verlaat. Selfs die ma van Humza Yousaf, die eerste minister van Skotland sit by die grenspos vas.