VSA sê geteikende aanval in Bagdad was sukses

ʼn Amerikaanse hommeltuigaanval op ʼn motor in Bagdad het gelei tot die dood van drie lede, insluitend die bevelvoerder, van die Irans-ondersteunde Kataib Hezbollah-groep. Amerika beskuldig die Islamic Resistance in Irak, ʼn uitgebreide koalisie militante groep wat deur Iran ondersteun word, van verlede maand se hommeltuigaanval in Jordanië waarin drie Amerikaanse soldate dood is. Amerika se sentrale bevelstruktuur sê hy sal nie huiwer om almal aanspreeklik te hou wat sy soldate se veiligheid bedreig nie. Irak se bevelstruktuur vir gesamentlike operasies sê hy beskou die aanval as ‘n nuwe aggressie deur Amerika.