Tiger speel volgende week by The Genesis

Die 15-malige major-kampioen, Tiger Woods, speel volgende week by The Genesis-uitnodigingstoernooi in Kalifornië in sy eerste toernooi van die seisoen. Die 48-jarige Woods het in April verlede jaar ʼn enkel-operasie ondergaan nadat hy in die derde ronde aan die Meesters onttrek het. Hy het eers in Desember weer aan die Hero World Challenge deelgeneem. Die Amerikaners, Justin Thomas en Will Zalatoris, en Adam Scott van Australië sal ook aan The Genesis deelneem. Woods se laaste oorwinning op die PGA-toer was in 2019 se Zozo-kampioenskap in Japan.