VSA se Fed sal rentekoers in Maart opstoot

Die Federale Reserwebank het die Amerikaanse rentekoers op nul gehou, maar waarsku ‘n verhoging kom in Maart. Dit sal die eerste verhoging sedert Desember 2018 wees. Die voorsitter van die Federale Reserwebank, Jerome Powell, sê ‘n wanbalans tussen vraag en aanbod wat met die Covid-19-pandemie verband hou en die heropening van die ekonomie het tot verhoogde inflasiekoerse gelei. Hy sê die sentrale bank het heelwat speling om rentekoerse te verhoog sonder om die ekonomie te benadeel: