Sonskyntoer is geleentheid vir jong gholfspelers

Tristen Strydom van Suid-Afrika sê die Origins of Golf-reeks op die Sonskyntoer is altyd ‘n goeie geleentheid vir jong spelers. Die Origins of Golf-reeks het die loopbane van sommige van die land se beste jong talent ‘n hupstoot gegee sedert dit in 2004 begin het. Die huidige geslag ster-spelers hoop vir dieselfde in hierdie week se 100ste toernooi by die Gary Player-buiteklub in Sun City. Die toernooi slaan môre af en Strydom sien daarna uit om te speel: