VSA se entstofskenking aan SA – ‘hulle soek niks in ruil nie’

Die waarnemende Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Mmamoloko Kubayi, sê die eerste besending van 2,8 miljoen dosisse Pfizer-entstof van die Amerikaanse regering wat in Suid-Afrika aangekom het, is ‘n groot hupstoot vir die land se Covid-19-inentingsprogram. Nóg 5,6 miljoen dosisse sal na verwagting eersdaags in die land aankom. Kubayi sê die entstof is veilig en Amerika verwag geen gunste in ruil daarvoor nie: