VSA Ope: Twee top-gekeurde Spanjaarde vandag in aksie

Tennis: Dit is dag twee van die Amerikaanse Ope in New York, met twee top-gekeurde Spanjaarde vandag in aksie. Die 19-jarige Carlos Alcaraz is derde gekeur en kom teen die Argentyn Sebastian Baez te staan. Die 36-jarige Rafael Nadal mik na ‘n vyfde Amerikaanse Ope- en 23ste Grand Slam-titel, 19 jaar nadat hy sy debuut op Flushing Meadows gemaak het. Die tweede gekeurde sukkel met ‘n buikbesering, en speel teen Rinky Hijikata van Australië.