VSA moedig lande aan om nie wapens aan Mianmar te verkoop nie

Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake sê Mianmar se militêre bewind se teregstelling van vier demokrasie-aktiviste wys weereens die regime se totale miskenning van menseregte en die oppergesag van die reg. Die vier is beskuldig van terrorisme teen die regering wat verlede jaar in Februarie die mag tydens ‘n militêre staatsgreep oorgeneem het. Die Suid-Asiatiese land loop sedertdien deur onder burgerlike onrus. Amerika moedig alle lande aan om nie militêre toerusting aan Mianmar te verkoop nie.