VSA minister van finansies besoek China

Die Amerikaanse minister van finansies, Janet Yellen het in China aangekom vir ‘n vierdaagse besoek wat beoog om spanning tussen die wêreld se twee grootste ekonomieë te ontlont. China sal na verwagting weer vra dat handelstariewe wat in 2018 deur die oupresident, Donald Trump ingestel is, verwyder moet word. Yellen sal na verwagting kommer uitspreek oor wat Amerika as onregverdige handelspraktyke deur China bestempel. Daar is egter lae verwagtinge onder ontleders dat die besoek resultate sal oplewer, veral nadat Yellen tydens ‘n toespraak in April aangedui  dat Amerika en sy bondgenote se nasionale veiligheidsbelange ‘n belangrike rol speel in die land se ekonomiese beleid rakende China.