VSA-laboratoriums moet ook vir Covid-oorsprong ondersoek word sê Chinese diplomaat

Die permanente Chinese verteenwoordiger by die Verenigde Nasies, ambassadeur Chen Xu, sê die laboratoriums by die Amerikaanse weermag se Fort Detrick-basis en die Noord Carolina-universiteit behoort ondersoek te word as moontlike bronne vir die oorsprong van Covid-19. Fort Detrick was tussen die 1940’s en 19060’s die hoof laboratorium vir die weermag se biologiese wapenprogram. Volgens hom is die universiteit ook ‘n moontlike bron as gevolg van jarelange navorsing oor korona virusse. Chen het in ‘n brief aan die Wêreldgesondheidsorganisasie gesê dat dit hoogs onwaarskynlik is dat die koronavirus wat verantwoordelik is vir Covid-19 uit die Wuhan-instituut ontsnap het. Chen sê die WGO se ondersoek vroeër die jaar het dit ook bevestig in sy verslag.