VSA: Dis 49/49 in die senaat, 203/211 in die huis

Terwyl uitslae in die Amerikaanse tussenverkiesing nog nie vir Nevada bekend is nie, lyk dinge sleg vir die Republikeine in Arizona. Die Demokraat Mark Kelly het die senaatsetel in die deelstaat teen sy Republikeinse teenstander Blake Masters opgeraap. Dit gee die Demokrate 49 setels in die senaat, gelykop met die Republikeine. Maar, die Demokrate kort nog net een senaatsetel omdat hulle die vise-president Kamala Harris, president van die senaat, se 51ste stem het. Die Republikeine kort nog twee om 51 te behaal. Net Nevada en Georgia is uitstaande, en Georgia sal weer op 6 Desember stem. Katie Hobbs loop ook voor in die goewerneursverkiesing in Arizona met 50,7 persent teenoor Republikein Kari Lake se 49,3 persent. Intussen het die Demokrate 203 setels in die huis teenoor die Republikeine se 211. ‘n Totaal van 218 is nodig vir ‘n meederheid.