VSA-China ooreenkoms verwelkom

Die aankondiging dat die wêreld se grootste besoedelaars, China en die VSA, saam sal werk om aardsverwarming aan te spreek, word wyd verwelkom. Die twee lande is reeds haaks oor verskeie ander kwessies en die samewerking word as skaars beskryf. Maar, daar is steeds kritiek omdat China reeds gesê het hy sal nie enige ooreenkoms om metaangas-uitlatings te beperk onderteken nie omdat hy reeds genoeg doen om kweekhuisgasse te verminder.