Volksmoord: Basters soek ook ‘n deel

Die United People’s Movement se parlementslid Jan van Wyk eis dat die Baster gemeenskap ingesluit word in die volksmoord-bespreking. Van Wyk sê hulle het ook swaargekry onder Europese koloniale magte, saam met die Damara en San. Konflik tussen die Basters en Duitsland het reeds in 1895 begin as gevolg van grond en op 22 April 1915 het die Duitsers amptelik oorlog teen die Basters verklaar. Hy sê dit was ekonomiese volksmoord want nie net is hulle doodgeskiet en hulle vee gevat nie, grond is ook summier geskud. Volgens hom het die regering fouteer om nie die gemeenskappe te betrek by die 18 miljard dollar ooreenkoms wat met Duitsland onderteken is nie.