Vrywilligers by brand moet asb. aanmeld

Die brand tussen Rehoboth en Kalkrand woed steeds voort, amper 24-uur na dit ontstaan het. Daar is talle vrywilligers wat op die toneel is en terwyl alle bystand verwelkom word, word die situasie deur voorbrande en teenbrande gekompliseer omdat die brandspanne nie weet waar die vrywilligers brand slaan nie. Dirk Cloete, Mariental se brand en noodveiligheids beampte, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.