Vrywilligers bied rekenaarklasse aan kinders aan

Veutile Education Consultants is ‘n gemeenskapsgebaseerde organisasie wat deur ‘n groep vrywillige werkers gelei word. Die stigter van die organisasie, Rachel Ndeutala, sê daar is ‘n behoefte om rekenaarklasse aan minderbevoorregte Namibiese kinders aan te bied. Sy het die idee gekry toe sy self gesukkel het om take in te handig weens ‘n gebrek aan rekenaarvaardighede en -geriewe. Ndeutala sê aan Kosmos 94.1 Nuus hul doelwit is om 100 000 kinders landwyd te bereik.

Ndeutala sê hulle het ook uitdagings en doen ‘n beroep op Namibiërs vir ondersteuning om hul doelwit te bereik.