Oorlede Franse toeris het sirrose gehad

Die Franse toeris Nicolas Remondiere wat op 12 November dood aangetref is by die Dooievlei by Sossusvlei na hy op 11 November vermis geraak het, het sirrose van die lewer gehad. Hy is gevind met twee bottels water en verskeie medikasies. Delphin Ilunga van Furaha Tours and Safaris het die uitslae van sy lykskouing aan media bevestig. Sirrose van die lewer verhard die weefsel en verhoed dat die lewer die liggaam voldoende reinig. Die siekte was volgens berigte ver gevorderd in Remondiere.