Vrystaatse menseregte kom onder die loep

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se voorsitter, Bongani Majola, is tot Vrydag in die Vrystaat waar hy menseregtekwessies, ook dié wat met gesondheidsorg verband hou, sal hanteer. Die kommissie het talle gesondheidsverwante klagtes by sy provinsiale kantore ontvang. Die kommissie se provinsiale bestuurder, Thabang Kheswa, sê die voorsitter sal ook aandag gee aan geestesgesondheidsdienste, insluitend veiligheidskwessies, in die Vrystaat: