Vrystaat onderbestee, negatiewe impak op dienslewering

ActionSA in die Vrystaat is diep bekommerd omdat 17 munisipaliteite in die provinsie meer as 170 milljoen Suid-Afrikaanse rand van die toegekende toelaes vir die 2022/23-boekjaar moes afstaan. Die party sê dit sal lei tot swakker dienslewering in die provinsie wat reeds jare lank geteister word deur infrastuktuur wat agteruitgaan en dienste wat ineenstort. Die woordvoerder, Patricia Kopane, sê die sukkelende Mangaung-metro is bo-aan die lys met 76 milljoen rand vir die ontwikkeling van informele nedersetting-vennootskappe, en ‘n toelaag van 1 miljoen rand vir ‘n buurt-ontwikkelingsvennootskap wat verbeur word: