Berlusconi het leukemie

Die voormalige Italiaanse premier Silvio Berlusconi is met leukemie gediagnoseer. Die nuus kom na hy in intensiewe sorg opgeneem is met asemhalingsprobleme. Die 86-jarige Berlusconi word in ‘n harteenheid van Milaan se San Raffaele-hospitaal behandel. Daar is tot op hede geen amptelike kommentaar oor sy toestand nie. Berlusconi se Forza Italia-party is deel van premier Giorgia Meloni se regse koalisie, hoewel die voormalige premier nie ‘n rol in die regering het nie.