Vrylating van misdadigers sonder DNS-verskaffing skend Grondwet

Die Suid-Afrikaanse burgerregte-organisasie, Action Society, sê hulle prokureurs het ‘n brief aan betrokke owerhede gestuur om aan te dring op die dringende implementering van die Wysigingswetsontwerp op Forensiese Prosedures. ‘n Woordvoerder, Elanie van der Walt, sê dit volg na amptelike bevestiging dat meer as 96 000 gewelddadige misdadigers sedert 2016 op parool vrygelaat is sónder om ‘n DNS-monster te verskaf. Sy sê dit is ‘n skending van die grondwetlike regte van die land se burgers: