Vryhandelooreenkoms op Davos bespreek, en dis goeie nuus

Onder die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied, is die motor-, landbou- en landbouverwerkingsektor, tesame met farmaseutiese produkte, vervoer en logistiek, die nywerhede wat vinnige groei sal ervaar. Dit is volgens die Wêreld Ekonomiese Forum se nuwe voorspelling. Die verslag, wat Woensdag in Davos bekendgestel is, bied geleenthede vir globale besighede en beleggers om die grootste neigings en strategieë te verstaan om suksesvol te belê en hoë opbrengste in Afrika te behaal. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Nixon Kariithi, ‘n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, gesels. Hy meen die feit dat die vryhandelooreenkoms op Davos bespreek is, is uiters goeie nuus.