Vrydag is Pienk Dag vir Kankervereniging

Die Kankervereniging van Namibië nooi die publiek uit na hul Pienk Dag-aktiwiteite Vrydag in hul stryd teen borskanker. Met meer as 540 borskankergevalle wat jaarliks in Namibië gediagnoseer word, is dit die kanker wat die meeste voorkom. Altesaam 54 persent van alle kankerdiagnose by vroue, is borskanker, gevolg deur servikale kanker. Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging, Rolf Hansen, sê vandeesweek word gratis bors- en servikale ondersoeke by hul kliniek aangebied.