Vroue steeds nie ernstig opgeneem oor geweld

Ten spyte van robuuste beleid- en wetlike raamwerk in Namibië, word vroue en meisies steeds aan geweld blootgestel, hetsy by die huis, skole of hul gemeenskappe. Ses persent van Namibiese vroue het berig dat hulle geweld tydens swangerskap ervaar het en 15 persent wat geweld ervaar het, het nooit hulp gesoek of enigiemand daarvan vertel nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Sister Namibia se redakteur, Ethne Mudge, gepraat oor die mislukking van die regering, insluitend die polisie, om nie slagoffers ernstig op te neem wanneer hulle mishandeling aanmeld nie.