Kom woon konsultasies oor Lewendehaweprodukte-wet by!

Die Lewendehawe- en Lewendehaweprodukte-raad van Namibië, voorheen die Vleisraad, nooi belanghebbendes uit om in Februarie finale konsultasievergaderings by te woon oor wysigings aan die Wet op Lewendehawe en Lewendehaweprodukte. Die wysigings gaan hoofsaaklik oor die insluiting van pluimvee, suiwelprodukte, pluimvee-eiers en huide en velle by die bestaande wet. Die insluiting sal beter beskerming bied aan hierdie sektore, om onder meer die moontlike storting van eiers of melk teen te werk. Kosmos 94.1 Nuus het met Desmond Cloete, die Raad se bemarkingshoof gesels oor die proses.