Vroue-skaakspelers het eie toernooi

Die Namibië Skaakfederasie het ‘n dapper stap geneem om vroulike deelname aan skaak te versterk, deur die Bank Windhoek-skaaktoernooi uitsluitlik vir vroue te organiseer. Die toernooi word Saterdag by die Unam-hoofkampus in die hoofstad aangebied, en die doel is om ‘n platform te bied om die talente van vroulike skaakspelers aan te moedig en ten toon te stel. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Lishen Mentile van die skaakfederasie, wat ook Namibië se voorste vroulike skaakspeler is, wat die verskillende kategorieë waarin deelgeneem kan word uiteeinsit.