Vroue se rol in Namibië se olie en gas sektore onder die loep

Die Vroue in Olie, Gas en Energie-netwerk is bekend gestel. Die netwerk is deur sewe vroue wat in die sektor werk gestig en het die adjunkminister van myne en energie, Kornelia Shilunga, as hul stigtersbeskermheer benoem. Die voorsitter van die netwerk Rachel Misika sê dit is uiters belangrik dat vroue in Namibië deelneem aan die nuwe geleenthede wat die sektor plaaslik bied.