Vroue moet van kleins af bemagtig word – Nujoma

Die stigterspresident Sam Nujoma het hom sterk uitgespreek teen geweld teen vroue en kinders in die land. Hy het die Swapo-party se vroueraad toegespreek en hul aangemoedig om meer te doen om te verseker dat veral skoolgaande meisies toegang het tot veiligheid, sanitêre produkte, en goeie opvoeding. Nujoma het die raad gemaan om nie te dink dat die taak van vrouebemagtiging bereik is net omdat daar ‘n 50/50 verteenwoordiging in die party is nie. Vroue moet meer toegang kry tot die reg om besluite te maak, van grondvlak tot in senior posisies, en hul kapasiteit moet van kleins af gebou word, het hy gesê. Namibië het groot uitdagings met geslagsgweld en tussen September 2019 en September 2020 is 5 000 gevalle bevestig met 800 verkragtings en 74 moorde van vroue in verhoudings. ‘n Onlangse peiling deur Afrobaromter toon dat meer as ‘n kwart van respondente glo dat mans somtyds geregverdig is om ‘n vrou te slaan, met 13 persent wat meen dis altyd aanvaarbaar.