Vroue in finansies plaaslik in die soeklig

NamibRe se tweede beraad van die Namibiese Vroue in Finansies en Versekering 2022 vind vandag en môre plaas. Die beraad is geskep om vroue te dwing om hulself in die manlik gedomineerde bedrywe te posisioneer. Dit sal aangebied word onder die tema, “Diversiteit, Gelykheid en Insluiting en sal deur plaaslike en internasionale uitvoerende hoofde toegespreek word en die paneel sal fokus op die rol van manlike leierskap in die agenda van vrouebemagtiging en geslagsgelykheid. Die skakelbeampte van NamibRe, Elizabeth Nailenge, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.