Vroue in die ANC bewys hul bekwaamheid

Die hoof van die ANC se Vroueliga-taakspan, Baleka Mbete, sê vroue in die ANC is meer as bekwaam om die organisasie te lei. Toerisme-minister Lindiwe Sisulu was die grootste verloorder van die ANC se rumoerige benoemingstryd by hul kieskonferensie. Sy het haar benoeming van die vloer af vir tesourier-generaal aanvaar, maar sy het nie genoeg stemme gekry om te kwalifiseer nie. Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma wat teen President Ramaphosa in die parlement gestem het, het ‘n benoeming van die vloer af van die hand gewys. Nomvula Mkonyane is vir die pos as eerste adjunk-sekretaris-generaal benoem is en Tina Joemat-Peterson as tweede adjunk-sekretaris-generaal. Mbete sê vroue het oor die jare hul. bekwaamheid bewys.