Vroue-Bokke klop Spanje in tweede toets

Rugby: Die Vroue-Springbokspan het Spanje met 37-14 geklop in die tweede toets van die Vroue Winter-reeks in die Fanie du Toit-stadion in Potchefstroom. Met hul rustydtelling op 10-14, het Suid-Afrika se vroue in die tweede helfte na ‘n hoër rat oorgeskakel en 23 punte aangeteken sonder dat Spanje een maal die bal oor die doellyn kon kry. Die Bokke het die eerste toets verlede week met 44-5 gewen. Hulle het nou vyf van hul laaste ses wedstryde ingepalm ter voorbereiding vir die Wêreldbekertoernooi in Nieu-Seeland volgende jaar. Die afrigter, Stanley Raubenheimer, sê dit was belangrik om ‘n span vir die toernooi te bou.