Vrou van Swapo-LP soek voertuig terug na sy met Angolese petrol gevang is

Plaaslike berigte lui dat die vrou van die Swapo-LP Modestus Amutse, die 49-jarige Eveline, wil appelleer in die Oshakati-hoërhof om haar voertuig, wat deur die staat gonfiskeer is, terug te kry. Sy is in Februarie verlede jaar in die Omusati-streek gevang met tien 25-liter houers vol onwettige Angolese brandstof op ‘n Land Cruiser. Die brandstof was 16 000 Namibiese dollar werd. Outapi-landdros Hafeni Kashihakumwa het die opdrag gegee dat die voertuig geskut word. Die voertuig is blykbaar nie in een van die Amutse-egpaar se name nie maar is geregistreer in die naam van Joshi Investment, ‘n maatskappy waarin Modestus aandele het. Sy het blykbaar nie toestemming gehad om die voertuig te gebruik nie. Sy is op 7 September skuldig bevind en gevonnis tot agt maande tronkstraf of ‘n boete van 16 000 Namibiese dollar opgelê.