Vrou steel R800 000 by kerk

Die Pretoriase Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof het ‘n 43-jarige Zimbabwiese vrou tot drie jaar tronkstraf gevonnis nadat sy skuldig bevind is op 128 aanklagte van diefstal. Lady Memory Mutsika, wat die Pretoria City Seventh-Day Adventist Church se tesourier was, het tussen 2012 en 2015 tiendes en offerhandes ter waarde van 800 000 Suid-Afrikaanse rand by die kerk gesteel. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Lumka Mahanjana, sê sy het skuldig gepleit op die aanklagte en gevra dat sy nie tronkstraf kry nie sodat sy die geld oor vyf jaar kan terugbetaal: