Vrou sê man het haar op vlug verkrag

‘n Man is in hegtenis geneem by Londen se Heathrow-lughawe nadat ‘n vrou hom van verkragting beskuldig het tydens ‘n vlug vanaf New Jersey in die Verenigde State. Die vrou sê sy is op die oornagvlug van United Airlines aangeval terwyl die ander passasiers geslaap het. Sy het die lugpersoneel ingelig, wat haar beskuldiging by die Britse polisie aangemeld het. Hulle het hom later vrygelaat hangende ‘n ondersoek na die bewering. ‘n Ooggetuie sê die man en die vrou, albei Britte, is tydens die vlug saam gesien in die vliegtuig se sitkamer.