Senegal se sokkerspan deur Sall vereer

Die regering van Senegal het die lede van die nasionale span met erwe en kontant beloon nadat hulle as Afrikabeker-kampioene gekroon is. Die span het in Sondag se eindstryd vir Egipte 4-2 met strafskoppe verslaan en die titel vir die eerste keer verower. Elke speler het 1,3 miljoen Namibiese dollar, sowel as eiendom in die hoofstad van Dakar en ‘n naburige stad ontvang. President Macky Sall was die span se gasheer tydens ‘n seremonie by die presidensiële paleis waar hy die spelers vereer het met die land se gesogte Orde van die Leeu.