Vrou klim Kilimandjaro uit vir kolonkanker 

Bergklim: ‘n Vrou van Krugersdorp in Gauteng wil die berg Kilimanjaro uitklim in ‘n poging om bewusmaking oor kolonkanker en stoma-produkte te kweek. Die stigter van die Skirt Girl Hiker-stigting, die 41-jarige Lerato Monyatsi, sê haar diagnose en reis as ‘n fase 3-kolon-kankeroorwinnaar het haar laat besef hoeveel Suid-Afrikaners sukkel om toegang tot goeie mediese sorg vir hierdie soort kanker te kry. Monyatsi sê sy hoop om 20 000 Suid-Afrikaanse rand in te samel om mediese voorrade vir ‘n mede-kankerlyer te bekom.