Kaapstad wil toeriste lok

Kaapstad-toerisme span saam met verskeie belangrike Europese organisasies as deel van sy pogings om meer reise en handel na die Moederstad te lok. Die burgemeesterslid vir ekonomiese groei, James Vos, sê die metro het ‘n vennootskaps-ooreenkoms onderteken met die bestemmings-bemarkingsorganisasie van die Duitse hoofstad, Besoek Berlyn. Volgens Vos sal die ooreenkoms die metro ‘n mededingende voordeel gee met die lok van groter volumes internasionale reisigers.