Vrou in die VSA vermoedelik deur haar kleuter doodgeskiet

‘n Vrou is in Altamonte Springs in Florida in die VSA doodgeskiet, terwyl sy besig was met ‘n werksverwante Zoom-oproep. Na bewering het ‘n kleuter, wat vermoedelik haar kind is, haar geskiet. ‘n Ander deelnemer aan die Zoom-sessie het 9-1-1 gebel nadat hy ‘n geluid gehoor het en ‘n klein kind in die agtergrond gesien het. Toe paramedici by die toneel opdaag, het hulle die 21-jarige vrou met ‘n noodlottige skietwond in die kop gevind. Volgens die polisie was die vuurwapen onveilig sowel as gelaai. Dit behoort aan die pa van die slagoffer se twee jong kinders.