Vrou gee sitkamerstel terug na 2 jaar

‘n Costco-klient het die perke van die kleinhandelaar se terugkeerbeleid getoets deur ‘n 2-jaar-oue sitbank terug te bring bloot omdat sy opgehou het om daarvan te hou.

“Ek het net nie meer daarvan gehou nie. Ons hou nie meer van die kleur nie,” het die koper, Jackie Nguyen, in ‘n TikTok-video wat byna 3 miljoen keer gekyk is, gesê

Jackie het vir die verkoopsdame die datum waarop sy die sitbank gekoop het gegee en die vrou begin toe op die rekenaar soek, sê toe presies watter bank dit was en dit was dit. Sy het haar gevra of daar iets fout is met die bank en Nguyen sê toe dat sy net nie meer daarvan hou nie. Hulle is ten volle terugbetaal, so dit het gewerk.

Foto: Verskaf