Nog lof vir Namibië op Grondwetdag

Dit is vandag Grondwetdag in Namibië en ons Grondwet herdenk sy 34ste jaar. Met die afsterwe van dr. Hage Geingob is die land geloof vir sy nakoming van die Grondwet en die vinnige, vreedsame oordrag van mag na president Nangolo Mbumba. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse politieke ontleder professor Andre Duvenhage gepraat. Hy sê dit dui groot positiewe neigings vir Namibië aan.