Vrou gearresteer oor militêre blogger se dood  

Die Russiese polisie het ‘n vrou, Darya Trepova, in hegtenis geneem, wat vermoedelik betrokke was by die bomontploffing by ‘n straatkafee in St. Petersburg waar ‘n bekende militêre blogger, Vladlen Tatarsky dood is. Trepova is vroeër as moontlike verdagte geïdenfitiseer. Sy is ‘n aktivis en is vantevore in hegtenis geneem by protesoptredes teen die oorlog in Oekraïne. Tatarsky was Sondag saam met ‘n groep aktiviste in die straatkafee byeen, toe die bom ontplof het. Tientalle mense is beseer. Rusland het Oekraïne se geheime diens die skuld gegee vir die bomaanval, maar die regering in Oekraïne ontken dit.