Winde vies oor verkwistende Eskom-uitgawes

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het sy verontwaardiging uitgespreek oor Eskom se vrystelling van die bekendmaking van onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes in sy finansiële state vir die afgelope boekjaar en vir die volgende twee jaar. Hy sê die minister van finansies, Enoch Godongwana, se besluit is ‘n groot slag vir deursigtigheid, wat dringend benodig word, veral by staatsinstellings. Winde het beloof om alle moontlikhede te oorweeg om hierdie vrystelling te verhoed, wat die kragvoorsiener sal help om aanspreeklikheid te ontduik.