Vrou doodgesteek in kroeg na bakleiery met vriendSeptember 7, 2021

‘n Vrou van 26 is op die toneel in ‘n Grootfonteinse kroeg dood toe sy in haar bors met ‘n mes gesteek is, vermoedelik deur haar kêrel. Die Namibiese polisie se streeks koördineerder vir misdaad ondersoeke, adjunk-kommissaris Naukalemo Andreas sê die vrou is as Elizabeth Mutwamezi geïdentifiseer. Getuies op die toneel het aan polisie gesê sy en die 29-jarige verdagte was in ‘n rusie betrokke voor sy gesteek is. Volgens wat berig word het die verdagte probeer selfmoord pleeg deur homself ook met die mes in sy bors te steek maar hy het oorleef. Hy ontvang tans behandeling in die dorp se staatshospitaal en sal in die hof verskyn wanneer hy ontslaan is. Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *