‘Vriend van almal, vyand van geen’ is nie morele dilemma nie

Die Namibiese ministerie van buitelandse betrekkinge het skerp gereageer op aanmerkings deur Nust se direkteur van internasionale betrekkinge, dr. Marius Kudumo dat Namibië se beleid van ‘vriend van almal en vyand van geen’ ‘n morele dilemma vir die land skep, veral met die waarnemerstatus wat onlangs aan Israel toegeken is by die Afrika-unie. Volgens Kudumo het die Namibiese regering sy standpunt dat hy Palestina ondersteun herhaaldelik beklemtoon. Die ministerie se skakelbeampte Penda Naanda sê in ‘n verklaring dat daar geen teenstrydigheid is nie en dat Israel nie Namibië se vyand is nie. Die Namibiese regering ondersteun die reg tot vryheid vir die Palestynse staat maar het diplomatieke bande met Israel. Teenstand teen die stap deur die AU is besig om op die vasteland toe te neem.