Ek het gedog my gedrag was aanvaarbaar – Cuomo

Die goewerneur van New York, Andrew Cuomo, het bedank na ‘n ondersoek bevind het hy het verskeie vroue seksueel geteister. Sy bedanking word oor twee weke van krag. Die 63-jarige sê hy het gedink sy gedrag is aanvaarbaar, maar erken dat die elf vroue wat die kantoor van die prokureur-generaal in New York sê hy geteister het, waarlik beledig is en daarvoor vra hy opreg om verskoning. Cuomo sê die beste manier waarop hy kan help, is om te bedank en toe te laat dat die regering met sy werk voortgaan: