Vreugde vure brand steeds hoog nadat die Bokkke die Leeus klop

Rugby: Die spreekwoordelike vreugde vure brand steeds hoog in die Springbok-kamp nadat ‘n strafskop in die doodsnikke van die wedstryd deur die veteraan Morné Steyn, ‘n naelskraapse oorwinning van 19-16 aan Suid-Afrika in die derde toets teen die Britse en Ierse Leeus en ‘n reeksoorwnning van 2-1 besorg het. Die 37-jarige losskakel het sy heldedaad van 12 jaar gelede vir die Springbokke herhaal toe hulle die reeks in 2009 ook teen die besoekers ingepalm het. Die Leeus het die eerste toets met 22-17 gewen en die Springbokke die tweede een met 27-9. Die Wêreld-Rugby-unie het albei spanne intussen gekritiseer vir hulle pogings om die skeidsregters met kommentaar in die media te beïnvloed ná ‘n reeks omstrede voorvalle.