Vreeslike vertoning vir voedselpryse in Jan ’23

Die Namibiese Statistieke-agentskap het vandag Januarie se inflasie bekend gemaak en sê dit staan op 7 persent. Voedsel as ‘n subkategorie dra 14,8 persent van die mandjie by en pryse het stelselmatig vanaf Januarie verlede jaar elke maand gestyg. In die huidige periode onder oorsig, Januarie 2023, het groente 14,2 persent duurder geword met brood en grane wat met 22,3 persent duurder geword het. Vrugte is 22,3 persent duurder en olies en vette het met 16,8 persent gestyg. Die prys van vleis is op met 8,7 persent met vis wat 11,3 persent op is. Suiwel en eiers jaag jou 5,7 persent meer uit die sak uit. Suikerprodukte het met 12,3 persent gestyg.